Sunday, December 4, 2011

Nuwe "batch" Bahia Art handsakke en keramiekware

Ons tweede "batch" handsakke is gemaak, na 5 weke se harde werk, artwork doen, screens expose, screening doen, en als wat daarmee saamgaan vir die finale produk.  My beplanning om dit 1 Desember op my webwerf (http://www.bahiart.co.za/) beskikbaar te hê, is gehaal. Ek het Woensdag nag die e-pos gereed gehad, die webwerf gelaai met die fotos, als gedoen ...... Donderdag ± 12 uur is 36 van die 40 handsakke verkoop.  Wel dit was die "cherry" op my harde werk.  Dit is lekker om te weet dit wat jy doen is in aanvraag, mense hou daarvan !!!

Ons is klaar aan die beplan vir die volgende handsakke en keramiekware, teëls en nuwe katoen linte.

Hier is voorbeelde van die handsakke wat beskikbaar was.





Hier is ook van die nuwe keramiekware.






Hier is van die nuwe linte beskikbaar.  Dit is 100% natuurlike kantoenlint wat "gesilkscreen" word.




 

Sunday, October 23, 2011

Bahia Art Tote handbags

Ons tweede besending Tote Bags is binne drie dae uitverkoop.  Dit was einde September.  Ek is besig met nuwe handsakke en sal dit Donderdag 1 Desember op my webwerf beskikbaar hê.  My beplanning is om meer beskikbaar te hê as einde September.  Wees asseblief geduldig. 

Ek is ook besig met nuwe keramiek ware.  Dit sal so gou as moontlik beskikbaar wees.  Hopenlik so binne die volgende 3 weke.

Intussen het ek ook 'n kombuis se "splash-back" waarmee ek besig is.  Dit is alles baie kreatief en ek is in my element. 

Indien julle in kennis gestel wil word wanneer nuwe voorraad gelaai is, stuur vir my 'n e-pos (michele@bahiart.co.za).

Sunday, September 18, 2011

Bahia Art Handbags and handmade ceramic tiles

Just an update on the handbags and tiles.  The making of new stock is on track and looking good.  As a matter of fact they are stunning.

New tiles in final drying process and hoping to fire next weekend.

Will update as soon as stock are done.

Wednesday, August 31, 2011

Inspirasie .... Inspiration !!!

Inspirasie is volop ... tyd nie so volop nie .....  die opgewondenheid om 'n idee ... 'n gedagte, 'n storie, 'n stukkie van jou kreatiewe siel in 'n prentjie sak te omskep, dit is tog heerlikgeite wat 'n warmte in jou menswees bring.  Die skep, die terugstaan, die kyk en dan met trots en met reg te kan sê dit is my maaksel, my skepwerk !!

Dit is waarmee ek besig is.  Wees geduldig, ek belowe die wag sal die moeite werd wees.  Ek is besig met nuwe voorraad.  Sal aan almal e-pos stuur.

Sunday, August 28, 2011

Bahia Art Tote Handbags

DIT was 'n baie dol week ... 'n baie opwindende week, en 'n groot "eye-opener".   My wildste drome en verwagtinge is oortref.  Dankie aan almal wat my ondersteun het.  My website is bietjie uitgedun na hierdie week .... maar ek kla nie.  Ek vra net dat julle asseblief geduldig moet wees, ek is besig met nuwe voorraad.  Omdat elke sak uniek is en 'n storie van sy eie het is dit nie net vir aanmekaar stik nie.

Oh no ... it takes time and being a bit of a perfectionist (that also takes time) my work is of a high quality and very neat.  I do take pride in my work and it is very important to me that the owner of one of my handbags can wear it with pride.

I also added new ceramic tiles to my website.  Visit to see some of the vintage inspired tiles ...great for that special mosaic project ... or maybe a bit of a face-lift in the kitchen.  Wat van 'n nuwe "splash-back" of sommer net 'n klein tafeltjie 'n nuwe gesiggie gee ....







Tuesday, August 23, 2011

Bahia Art Handbags and Handmade ceramic tiles

Eerste dinge eerste .... Bahia Art se handgemaakte keramiek teëls is die wenbrief in September se uitgawe van Tuis.  Groot was die opwinding dat dit die wenbrief is.  Nie in my wildste drome het ek dit verwag nie.  Boonop wen ek 'n prys ook !!

Wel sederdien het ek baie navrae en bestellings gekry vir my teëls. Dit is 'n groot lekkerte en sal seker altyd bly as mens die skerm oplig en die fyn kunswerkie op die teël sien.  Daar en dan begin mens se kop oortyd werk ... waar kan ek dit gebruik ??   Hoe sal dit daar lyk ? Sal hierdie kleur daarmee saamwerk ens. 

My volgende klomp teëls is in die oond en sal more die finale bakproses deurgaan.  Sal weer 'n update gee as dit klaar is.  Hier is solank 'n voorsmakie van hoe dit gaan lyk.











Na aanleiding van die Tuis brief is Bahia Art uitgenooi om aan 'n baie eksklusiewe kunsmark te Vryheid deel te neem.  Dit vind plaas op die 10de September en ons sal terugvoering gee na afloop daarvan.

Bahia Art se handsakke is ook in die September uitgawe van Idees.  Ons is weereens oorval met navrae en bestellings.  Ons het 'n baie besige tyd voor ons en glo dat ons julle nie sal teleur stel nie.  Soos altyd sal ons unieke handsakke maak en dit op ons webwerf beskikbaar stel soos die klaar is.  Hier is een van die nuwe sakke, maar was skaars op die webwerf toe is die ook verkoop.





Monday, August 15, 2011

Handmade ceramic tiles

A little bit of wimsical charm for today ....  Dit is baie bleddie koud hier in Dundee vandag maar die kreatiewe "fairies" en "little people" het my hele studio oorgeneem en dus was dit weereens 'n baie suksesvolle screen dag.  Hier is 'n piepklein kykie na wat ek gedoen het en so teen einde volgende week behoort daar weer heelwat nuwe voorraad op my website te wees.  Geniet !!



I will be adding a few of these small handpainted utility bowls to my website as well.




Sunday, August 14, 2011

Bahia Art Tote Bags and Handmade tiles

This project was fun !!! Visiting "days gone by" and the "good old days" .  It is very satisfying to create and put your ideas on a blank canvas, literally ... my latest, the two tote bags posted below.  More exclusive bags in the process.  I only make one of each, never to be repeated.  I see Bahia Art handbags as art pieces for just that reason .... only one of each available. 














I also have a big screening day tomorrow.  My handmade tiles are a slow but very soul enriching experience.  I always believe that a small piece of me goes into every creation I make and thus a loving extention which I gladly part with in order to make some creative soul a little richer for using my work.  I will post some tiles as soon as they are done.

Saturday, July 23, 2011

Handgemaakte teëls !!

Wat 'n heerlike ervaring was dit nie om iets nuuts te probeer, en dit werk.  Eintlik oortref dit my stoutse verwagtinge. 

Vandat my "affair" met klei begin het, so byna 19 jaar gelede, was en is ek nog gefassineer deur die maak van teëls.  Miskien omdat dit nie so maklik is om 'n gelyk, plat teël te maak nie.  Wel probeer en weer probeer was die enigste opsie.....

Daar was verskeie pogings met 'n groot verskeidenheid metodes maar niks kon kersvashou met die visuele lekkerte toe ek die eerste teël gesilkscreen het.  Die detail, die perfekte klein stukkie kuns op 'n teëltjie van 6 x 6cm.  Daarna .... wel daar was geen keer, dis wat ek wou doen, lankal !!!






Hier moet ek nou erken dat ek eintlik twee "affairs" in die lewe het, die een met klei en die ander moet ek passie ook by die "affair" sit en dit is vir tekstiele.  Ek wil tog graag my nuutste projek wat ook 'n groot opgewondenheid en uitdaging geword het, deel.

Hierdie is 100% katoen lint wat ek handkleur en silkscreen of beide.  Dit is beskikbaar in vier wydtes nl. 15mm, 25mm, 30m en 40mm.  Besoek my webwerf (http://www.bahiart.co.za/) vir 'n groot verskeidenheid om te bestel. 









Wednesday, June 1, 2011

'n Kleurvolle ervaring !!

Kleur ... dit is een van die genadegawes wat ons ontvang het ... en is dit nie 'n wonderlike manier om mens se siel te voed nie.   Daar is geen gelyke nie.










This is a pet project of mine .. to print on cotton ribbon.  The challenge to me is trying to get as much detail on the smallest scale possible and then silk screen that onto the ribbons.  I have also put my hand at tye dyeing the ribbon .. which off course is just as much fun.










I am off now for the day with my artwork and negatives in hand to do some more silk screening on ceramic tiles.

Thursday, May 26, 2011

'n Koue winderige dag ... !!

Ja die weer was nie wat wonders vandag nie.  Trouens glad nie bevorderlik vir 'n kreatiewe siel nie.  Dit is nou een ding wat mens nie kan bestel nie.  Asem ophou en hier gaan ons vir die dag !!

Manlief het vir my die stofie in die studio aangesteek en daar het die kreatiewe sappies weer oorvloedig gevloei.  My volgende klei lê op die uitdroog rak ... die artwork is gedoen so nou wag ons vir moeder natuur om die haar werkies te doen.

Het intussen my toue gesny vir die kleurproses die naweek.   Ek kleur twee diktes nl. 2mm en 4mm katoen tou.  Hierdie kan natuurlik vir allerhande "crafts" gebruik word.









en .......



my volgende klomp linte is gesny en gewas.












Hier is 'n smakie van klaar linte.

Hierdie linte kan natuurlik ook vir 'n wye verskeidenheid van "crafts" gebruik word.  Werk dit op voorskote, op plekmatjies, draai om geskenke .....



Tuesday, May 24, 2011

Tog net 'n lekkerte !!

Daar is min lekkertes wat kan kers vashou by die gevoel as mens iets probeer, jou hand vir die eerste keer daaraan sit ... en dit werk, perfek, 100% !!

Wel dit was nou hoe my oggend verloop het. Ek wou nog altyd, maar het nooit die tyd gehad nie, maar vanoggend het als in plek geval.  Die artwork was gedoen, tot perfeksie, in die fynste detail, die screen, gister al ge-expose, en vanoggend die "come-together" van die hele oefening.  

Die silk screen op keramiek teëls:  my asem opgehou, saggies gevat, en gebid, gehoop maar na die eerste teël ... wat 'n plesier, sommer 'n groot lekkerte.

As ek 'n stert gehad het, sou hy nou nog nie ophou waai het nie.  Met ander woorde ek is "chuffed" met myself.





 

Monday, May 23, 2011

Dankie tog, ons kan nog werk !!

Wat sou ek tog wees as ek nie kon werk nie.  Vir myself, vir 'n baas, maak nie saak nie.  Nou ja, ek is in die bevoorregte posisie om vir myself te werk.  Ongelukkig is ek die kwaaiste baas en het geen genade vir myself nie.


Die werk wat ek doen ?  dit is lekker werk, harde werk, mors werk maar sielsvreugde werk!  Hier is so piepklein loertjie ... dit is half klaar werk en julle sal maar moet geduldig wees want die klei moet stadig droog word.  Die teëls mag nie skeef trek nie ... wag maar tot die goete klaar is dan neem ek weer fotos ... intussen sal ek julle op hoogte hou van hoe ek vorder en wat ek doen !!



Thursday, May 19, 2011

Dis 'n groot kalmte ....

As jy die vir die eerste keer klei in jou hande het .... wel, of jy hou daarvan en dis liefde met eerste vatslag ... of jy hou nie daarvan nie.  As die liefde vir hierdie aardse kommoditeit eers in jou wese kom sit het ... nou ja dan is dit verby, jy IS liefde vir klei.  Dit is 'n erge verslawing en moenie eers probeer om 'n teenvoeter daarvoor te kry nie!

Maar wag, daar is ook frustrasie aan verbonde maar hoe jy hierdie frustrasie hanteer, gebruik en ja, toepas in jou kleiwerk hang van jou af.  Dis 'n skilderdoek van 'n ander aard hierdie, dit is 'n vasvang plek vir jou siel wat stukkie vir stukkie groei.

Voeg nou daarby al die maniere wat jy jou kleiwerk kan versier, manupileer, inkleur, verkleur, druk en trek, dan is dit 'n lewenstaak om al hierdie metodes te wil probeer.  Glo my, die woord passie, kry hier sy volle betekenis.

Hier is 'n stukkie van my passie en siel wat ek graag met julle deel.  Hierdie seepbakkies is nog in die droogproses.  Geduld is nog 'n eienskap wat aangeleer en toegepas moet word vir hierdie liefdestaak.  Geniet en wag geduldig vir die finale eindproduk.

Sunday, May 15, 2011

A ful weekend

What a weekend this was ... a fully booked B&B ... breakfast to make at six in the morning .. so no time for being creative.

Back in the studio tomorrow, and yes with new ideas .... Will post as soon as my camera man can make it to the photo shoot !!

Wednesday, May 11, 2011

Working with color !!

Working with color, enrich and free the soul.  You have the power to color your own destiny and make yourself heard ...

This is what I am up to ... for now !!



Monday, May 9, 2011

A day filled with ceramics ...

Today was a creative day of ceramics.  The excitement of using new patterns, trying something different pushing yourself just that little extra ...  this will take a bit of time to complete but I will post some pictures as soon as they cooled off. 

I am busy making stock for our (Dundee) big event of the year ... "Biltong Fees"

These pictures are very similar to what I am busy with.