Saturday, July 23, 2011

Handgemaakte teëls !!

Wat 'n heerlike ervaring was dit nie om iets nuuts te probeer, en dit werk.  Eintlik oortref dit my stoutse verwagtinge. 

Vandat my "affair" met klei begin het, so byna 19 jaar gelede, was en is ek nog gefassineer deur die maak van teëls.  Miskien omdat dit nie so maklik is om 'n gelyk, plat teël te maak nie.  Wel probeer en weer probeer was die enigste opsie.....

Daar was verskeie pogings met 'n groot verskeidenheid metodes maar niks kon kersvashou met die visuele lekkerte toe ek die eerste teël gesilkscreen het.  Die detail, die perfekte klein stukkie kuns op 'n teëltjie van 6 x 6cm.  Daarna .... wel daar was geen keer, dis wat ek wou doen, lankal !!!






Hier moet ek nou erken dat ek eintlik twee "affairs" in die lewe het, die een met klei en die ander moet ek passie ook by die "affair" sit en dit is vir tekstiele.  Ek wil tog graag my nuutste projek wat ook 'n groot opgewondenheid en uitdaging geword het, deel.

Hierdie is 100% katoen lint wat ek handkleur en silkscreen of beide.  Dit is beskikbaar in vier wydtes nl. 15mm, 25mm, 30m en 40mm.  Besoek my webwerf (http://www.bahiart.co.za/) vir 'n groot verskeidenheid om te bestel. 









No comments: