Monday, November 19, 2012

Bahia Art - Nuwe voorraad

So het nog 'n suksesvolle plaasmark gekom en gegaan ... weereens het ons baie goed gedoen en was dit 'n lekkerte na al ons harde werk die afgelope paar weke.  Daar is nuwe produkte op ons webwerf (www.bahiart.co.za) gelaai, betyds vir Kersfees.  Dit gesê, die jaar staan ook einde se kant toe en hopenlik kan Bahia Art so klein bietjie rus sodat ons volgende jaar nog beter produkte met 'n unieke flair en eie aan ons styl kan lewer.  Ons wil ook ons produkte basis bietjie uitbrei so maak seker julle besoek ons gereeld om te sien wat ons doen. 

Hier is 'n paar van ons produkte beskikbaar op ons webwerf.









Sunday, October 28, 2012

Ceramic handmade tiles

An update on our new batch of ceramic handmade tiles.  We have silkscreened them with botanical prints.  After the bisk firing we are going to add an antique finish and then the final glaze firing. 

We have also  silkscreened some of our hearts which we are going to sell at the next "Plaasmark" on 17 November at Lenox.  Hope to see you there.




Friday, October 26, 2012

Bahia Art Tote bags .... we are travelling the world !!!

Just another one of our tote handbags travelling the world .....  This one is going to Preston in the UK.

Bahia Art Tote bags working with soft pastel colors and brights together !!!!

The pink bag we made for a special christmas gift.  We had fun working with the bright pink.  Hand dyed bottom is always a suprise when finished ...



 

Wednesday, October 24, 2012

Bahia Art Newsletter

We have started a newsletter ...... should you want to signup go to our website (www.bahiart.co.za) and subscribe from there.

We will keep you up to date of new products and events etc.

Thursday, October 18, 2012

Bahia Art by die volgende Plaasmark te Lenox, Dundee

Ons is besig met nuwe keramiek voorraad vir die volgende Plaasmark te Lenox op die 17de November.  Ons poog om nuwe voorraad daar te hê.  Ons is ook besig met nuwe teëls met nuwe ontwerpe op.  Besoek ons gereeld hier en op ons Facebook blad om te sien wat ons doen.  Hier is so "sneak-peak" waarmee ons besig is.



Bahia Art Handsakke

Ons nuwe "pictorial" handsakke verkoop goed .... en ons nuwe Boho Bag kry ook groot aftrek.  Die katoen webbing vir die handvatsels vir die Boho bags het vandag gekom so ons kan nou die ander ook klaarmaak en beskikbaar stel.  Ons het ook by hierdie batch meer sakke gemaak met "piped" leer handvatsels.  Daar is ook 'n paar wat leer onderkante het.  Al hierdie artwork word deur Bahia Art self gedoen en gesilkscreen.  Die materiaal vir die Boho sakke word ook deur Bahia Art gesilkscreen.  Hier is so 'n "sneak-peak" van wat op ons webwerf beskikbaar is.  Gaan kyk gerus ....



Sunday, October 7, 2012

Bahia Art Handmade handbags

Our new batch of "Pictorial" handbags are done.  They will be available on our website (www.bahiart.co.za) on Mondag 15 October.

Ons het ook met ons nuwe styl handsakke begin en dit lyk stunning.  Dit is 'n meer gemaklike styl waarby ons leer bygevoeg het.  Ek hoop om hierdie week 'n paar klaar te hê wat dan ook Maandag 15 Oktober op ons webwerf beskikbaar sal wees.

Ons volgende Plaasmark is die 17de November en ons beplan heelwat nuwe items vir ons tafel.  Hoop om julle daar te sien.

Ons het ook 'n nuwe batch keramiekware wat in verskillende prosesse is wat ook eersdaags op ons webwerf beskikbaar sal wees.

We will post photos as soon as we can ....

Thursday, September 20, 2012

Bahia Art by Dundee se eerste Plaasmark

'n Week later en nog 'n heerlike verrassing.  Ons eerste Plaasmark vir Dundee.  Die opkoms was bo verwagting, die atmosfeer, heerlik verby, die mense se ondersteuning, oorweldigend.  Ons het weereens BAIE katoenlinte verkoop.  Eintlik het ons van al ons voorraad verkoop.  Vandag gehoor die volgende Plaasmark is 17 November en Bahia Art sal natuurlik daar wees.  Ons gaan weer baie katoenlinte met nuwe ontwerpe en ou staatmakers daar hê.  So maak seker julle onthou die datum om ons daar te kom besoek.

Bahia Art by die Lentemark te Vryheid

My "outfitjie" klaar gemaak, hou ek die weer dop, want sien, dis mos lente, en lente is mos warmer weer ..... toe nie !!!!  Inderhaas weer in die klerekas induik vir iets om aan te trek !!
Eindelik klaar, kar gepak en oppad Vryheid toe ... en wat 'n lekker dag was dit nie.  Het nuwe kontakte gemaak, baie mense ontmoet ... en baie dankie vir almal wat daar was en ons ondersteun het.  Volgend jaar maak ons weer so !!!

Bahia Art - Keramiek borde

Ons het 'n paar keramiek borde gemaak, wel ek noem hulle siels-borde.  Ek dink sodra mens iets van jouself daarin sit, is die sielswerk.  Dit is wat ek wou doen met die borde.   Ek en my pa het van dogtertjie-tyd 'n baie spesiale verhouding gehad .... iets wat ek vir niks sou verruil het nie.  Vandag kan ek maar net saggies met hom praat, ek weet hy hoor, en dit is ook sy inpirasie met woorde wat hiertoe aanleiding gegee het.  Geniet hulle !!









 


Tuesday, August 28, 2012

Bahia Art - Keramiekware

Ons het vandag nuwe "transfers" gesilkscreen vir die Lentemark.  Dit moet nou eers droog word voor ons die volgende proses kan doen.  Kyk hierna ...  Die karoo-bord is sielsvreugde en sal die klaar bord ook kom wys.


Bahia Art - silk screened fabric squares

We have started to hand print fabric squares.  They are not the conventional remnants but squares that we cut to size for silk screening.  We do not have the facility to print per metre hence the squares.   We will be selling them from our website (www.bahiart.co.za) shortly.  Here are some of them ... just to get you thinking ...





Saturday, August 25, 2012

Nuwe Bahia Art - "Pictorial Handsakke"

Ons het begin om leer by van ons handsakke te voeg.  Soortgelyke sakke sal so middel Oktober beskikbaar wees.

Monday, August 20, 2012

Bahia Art gaan weer Lentemark en eerste Boeremark

Ons tweede Lentemark te Vryheid (8 September) kom vinnig nader !  Ons het ook in die tussentyd bevestiging gekry dat ons eerste Boeremark te Dundee op Saterdag 15 September gaan plaas vind.  Ons is druk besig om al ons voorraad klaar te maak.   Ek sal weer kom wys as dit klaar is.  Ek het vanoggend 9 borde met die hand gemaak wat ook nog moet klaar.  Is baie opgewonde daaroor want ek gaan verskeie metodes op een bord gebruik.  Hier is die maak proses ....




Tuesday, August 14, 2012

Bahia Art - Printed textiles ...!!

Textile paints arrived, fabric ready for printing .....
We decided to print pieces of fabric and sell it in bundles, no it is not off-cuts !  We are simply cutting it to size, which will be 40 x 40 cm.  We have to silk screen each design by hand and our screens will only allow us to print this size.  Here are some sample pieces ...






Sunday, August 12, 2012

Bahia Art is hard aan die werk !!

Ons gaan die 8ste September 'n Lentemark hê in Vryheid.  Daar sal van ons Handsakke, baie katoen linte, teëls, keramiekware en allerhande nice goetertjies wees.  Die van julle wat in die omgewing is kom maak gerus 'n draai.



Bahia Art ceramic tiles

Ons maak gereeld nuwe teëls maar net een van elk.  Dit is maar net om dit eksklusief te hou.  Ons beplan om in die volgende weke 'n nuwe reeks teëls te maak.  Besoek ons webwerf (www.bahiart.co.za) gereeld om op hoogte te bly van wat ons het.

Tuesday, August 7, 2012

Bahia Art started with transfers / decals on White ware

White ware is just that .... made of porcelain or stoneware with a white glaze.  I now design and silk screen my own decals / transfers to fire at a temperature of 760°C onto the white ware.  So these products are dishwasher safe.  Here ware some of the white ware with decals on.  More stock are available on my website (www.bahiart.co.za)



Bahia Art Katoen Linte ... 3 km daarvan !!!

Soos gister gesê na 'n groot en lang soektog het ons katoenlint gekry in verskillende wydtes.  So lyk 3 km lint wat nog verwerk moet word. 




Hier is nog nuwe ontwerpe wat op ons webwerf (www.bahiart.co.za) bestel kan word. 



Bahia Art ribbons are only available through our website.  We sell them in 5m and 10m bundles.

Monday, August 6, 2012

Bahia Art Katoen Linte .... linte en nog linte !!!

Nog 'n groot gesoek, en vele oproepe,  soek en weereens soek .... het ons nuwe verskaffers gekry vir ons 100% katoen linte.  Groot lekkerte en 'n groot uitdaging om die artwork te doen om daarop te pas .....  ons is besig om ons reeks uit te brei so besoek gerus ons webwerf (www.bahiart.co.za) gereeld om te sien wat ons doen.