Sunday, December 4, 2011

Nuwe "batch" Bahia Art handsakke en keramiekware

Ons tweede "batch" handsakke is gemaak, na 5 weke se harde werk, artwork doen, screens expose, screening doen, en als wat daarmee saamgaan vir die finale produk.  My beplanning om dit 1 Desember op my webwerf (http://www.bahiart.co.za/) beskikbaar te hê, is gehaal. Ek het Woensdag nag die e-pos gereed gehad, die webwerf gelaai met die fotos, als gedoen ...... Donderdag ± 12 uur is 36 van die 40 handsakke verkoop.  Wel dit was die "cherry" op my harde werk.  Dit is lekker om te weet dit wat jy doen is in aanvraag, mense hou daarvan !!!

Ons is klaar aan die beplan vir die volgende handsakke en keramiekware, teëls en nuwe katoen linte.

Hier is voorbeelde van die handsakke wat beskikbaar was.





Hier is ook van die nuwe keramiekware.






Hier is van die nuwe linte beskikbaar.  Dit is 100% natuurlike kantoenlint wat "gesilkscreen" word.




 

Sunday, October 23, 2011

Bahia Art Tote handbags

Ons tweede besending Tote Bags is binne drie dae uitverkoop.  Dit was einde September.  Ek is besig met nuwe handsakke en sal dit Donderdag 1 Desember op my webwerf beskikbaar hê.  My beplanning is om meer beskikbaar te hê as einde September.  Wees asseblief geduldig. 

Ek is ook besig met nuwe keramiek ware.  Dit sal so gou as moontlik beskikbaar wees.  Hopenlik so binne die volgende 3 weke.

Intussen het ek ook 'n kombuis se "splash-back" waarmee ek besig is.  Dit is alles baie kreatief en ek is in my element. 

Indien julle in kennis gestel wil word wanneer nuwe voorraad gelaai is, stuur vir my 'n e-pos (michele@bahiart.co.za).

Sunday, September 18, 2011

Bahia Art Handbags and handmade ceramic tiles

Just an update on the handbags and tiles.  The making of new stock is on track and looking good.  As a matter of fact they are stunning.

New tiles in final drying process and hoping to fire next weekend.

Will update as soon as stock are done.

Wednesday, August 31, 2011

Inspirasie .... Inspiration !!!

Inspirasie is volop ... tyd nie so volop nie .....  die opgewondenheid om 'n idee ... 'n gedagte, 'n storie, 'n stukkie van jou kreatiewe siel in 'n prentjie sak te omskep, dit is tog heerlikgeite wat 'n warmte in jou menswees bring.  Die skep, die terugstaan, die kyk en dan met trots en met reg te kan sê dit is my maaksel, my skepwerk !!

Dit is waarmee ek besig is.  Wees geduldig, ek belowe die wag sal die moeite werd wees.  Ek is besig met nuwe voorraad.  Sal aan almal e-pos stuur.

Sunday, August 28, 2011

Bahia Art Tote Handbags

DIT was 'n baie dol week ... 'n baie opwindende week, en 'n groot "eye-opener".   My wildste drome en verwagtinge is oortref.  Dankie aan almal wat my ondersteun het.  My website is bietjie uitgedun na hierdie week .... maar ek kla nie.  Ek vra net dat julle asseblief geduldig moet wees, ek is besig met nuwe voorraad.  Omdat elke sak uniek is en 'n storie van sy eie het is dit nie net vir aanmekaar stik nie.

Oh no ... it takes time and being a bit of a perfectionist (that also takes time) my work is of a high quality and very neat.  I do take pride in my work and it is very important to me that the owner of one of my handbags can wear it with pride.

I also added new ceramic tiles to my website.  Visit to see some of the vintage inspired tiles ...great for that special mosaic project ... or maybe a bit of a face-lift in the kitchen.  Wat van 'n nuwe "splash-back" of sommer net 'n klein tafeltjie 'n nuwe gesiggie gee ....







Tuesday, August 23, 2011

Bahia Art Handbags and Handmade ceramic tiles

Eerste dinge eerste .... Bahia Art se handgemaakte keramiek teëls is die wenbrief in September se uitgawe van Tuis.  Groot was die opwinding dat dit die wenbrief is.  Nie in my wildste drome het ek dit verwag nie.  Boonop wen ek 'n prys ook !!

Wel sederdien het ek baie navrae en bestellings gekry vir my teëls. Dit is 'n groot lekkerte en sal seker altyd bly as mens die skerm oplig en die fyn kunswerkie op die teël sien.  Daar en dan begin mens se kop oortyd werk ... waar kan ek dit gebruik ??   Hoe sal dit daar lyk ? Sal hierdie kleur daarmee saamwerk ens. 

My volgende klomp teëls is in die oond en sal more die finale bakproses deurgaan.  Sal weer 'n update gee as dit klaar is.  Hier is solank 'n voorsmakie van hoe dit gaan lyk.











Na aanleiding van die Tuis brief is Bahia Art uitgenooi om aan 'n baie eksklusiewe kunsmark te Vryheid deel te neem.  Dit vind plaas op die 10de September en ons sal terugvoering gee na afloop daarvan.

Bahia Art se handsakke is ook in die September uitgawe van Idees.  Ons is weereens oorval met navrae en bestellings.  Ons het 'n baie besige tyd voor ons en glo dat ons julle nie sal teleur stel nie.  Soos altyd sal ons unieke handsakke maak en dit op ons webwerf beskikbaar stel soos die klaar is.  Hier is een van die nuwe sakke, maar was skaars op die webwerf toe is die ook verkoop.





Monday, August 15, 2011

Handmade ceramic tiles

A little bit of wimsical charm for today ....  Dit is baie bleddie koud hier in Dundee vandag maar die kreatiewe "fairies" en "little people" het my hele studio oorgeneem en dus was dit weereens 'n baie suksesvolle screen dag.  Hier is 'n piepklein kykie na wat ek gedoen het en so teen einde volgende week behoort daar weer heelwat nuwe voorraad op my website te wees.  Geniet !!



I will be adding a few of these small handpainted utility bowls to my website as well.