Sunday, January 27, 2013

Bahia Art - Cotton Ribbon

Nou ja 2012 was 'n suksesvolle jaar maar ook met sy eiesoortige uitdagings.  'n Baie goeie leerskool en waardevolle lesse wat ons in 2013 met ons kan saamdra, toepas en hopenlik nog baie van kan leer.

Dus, gepas, begin ons die jaar met syfers op ons katoen linte.  Hier is so 'n paar maar besoek gerus ons webwerf om ons groot verskeidenheid katoen linte te sien.  Ons het ook 'n kleurkaart op ons webwerf gesit indien julle 'n ontwerp in 'n ander kleur wil hê.




Ons het ook besluit om so bietjie uit te brei om die huidige tendens van botaniese illustrasies, insekte, handgeskrewe agtergrond met so 'n "postal" invoegsel.  Hier is een van ons linte.  Besoek ons gereeld vir nog nuwe linte met hierdie tema.


No comments: