Thursday, September 20, 2012

Bahia Art by Dundee se eerste Plaasmark

'n Week later en nog 'n heerlike verrassing.  Ons eerste Plaasmark vir Dundee.  Die opkoms was bo verwagting, die atmosfeer, heerlik verby, die mense se ondersteuning, oorweldigend.  Ons het weereens BAIE katoenlinte verkoop.  Eintlik het ons van al ons voorraad verkoop.  Vandag gehoor die volgende Plaasmark is 17 November en Bahia Art sal natuurlik daar wees.  Ons gaan weer baie katoenlinte met nuwe ontwerpe en ou staatmakers daar hĂȘ.  So maak seker julle onthou die datum om ons daar te kom besoek.

Bahia Art by die Lentemark te Vryheid

My "outfitjie" klaar gemaak, hou ek die weer dop, want sien, dis mos lente, en lente is mos warmer weer ..... toe nie !!!!  Inderhaas weer in die klerekas induik vir iets om aan te trek !!
Eindelik klaar, kar gepak en oppad Vryheid toe ... en wat 'n lekker dag was dit nie.  Het nuwe kontakte gemaak, baie mense ontmoet ... en baie dankie vir almal wat daar was en ons ondersteun het.  Volgend jaar maak ons weer so !!!

Bahia Art - Keramiek borde

Ons het 'n paar keramiek borde gemaak, wel ek noem hulle siels-borde.  Ek dink sodra mens iets van jouself daarin sit, is die sielswerk.  Dit is wat ek wou doen met die borde.   Ek en my pa het van dogtertjie-tyd 'n baie spesiale verhouding gehad .... iets wat ek vir niks sou verruil het nie.  Vandag kan ek maar net saggies met hom praat, ek weet hy hoor, en dit is ook sy inpirasie met woorde wat hiertoe aanleiding gegee het.  Geniet hulle !!