Sunday, October 23, 2011

Bahia Art Tote handbags

Ons tweede besending Tote Bags is binne drie dae uitverkoop.  Dit was einde September.  Ek is besig met nuwe handsakke en sal dit Donderdag 1 Desember op my webwerf beskikbaar hê.  My beplanning is om meer beskikbaar te hê as einde September.  Wees asseblief geduldig. 

Ek is ook besig met nuwe keramiek ware.  Dit sal so gou as moontlik beskikbaar wees.  Hopenlik so binne die volgende 3 weke.

Intussen het ek ook 'n kombuis se "splash-back" waarmee ek besig is.  Dit is alles baie kreatief en ek is in my element. 

Indien julle in kennis gestel wil word wanneer nuwe voorraad gelaai is, stuur vir my 'n e-pos (michele@bahiart.co.za).

No comments: