Sunday, December 4, 2011

Nuwe "batch" Bahia Art handsakke en keramiekware

Ons tweede "batch" handsakke is gemaak, na 5 weke se harde werk, artwork doen, screens expose, screening doen, en als wat daarmee saamgaan vir die finale produk.  My beplanning om dit 1 Desember op my webwerf (http://www.bahiart.co.za/) beskikbaar te hê, is gehaal. Ek het Woensdag nag die e-pos gereed gehad, die webwerf gelaai met die fotos, als gedoen ...... Donderdag ± 12 uur is 36 van die 40 handsakke verkoop.  Wel dit was die "cherry" op my harde werk.  Dit is lekker om te weet dit wat jy doen is in aanvraag, mense hou daarvan !!!

Ons is klaar aan die beplan vir die volgende handsakke en keramiekware, teëls en nuwe katoen linte.

Hier is voorbeelde van die handsakke wat beskikbaar was.





Hier is ook van die nuwe keramiekware.






Hier is van die nuwe linte beskikbaar.  Dit is 100% natuurlike kantoenlint wat "gesilkscreen" word.




 

No comments: