Monday, August 6, 2012

Nuwe dinge aan die gebeur !!

Eerstens .... ons was baie besig en het dus die blog so 'n bietjie (wel 6 maande lank) verwaarloos.  Darem moet ek sê daar is beslis nie slap gelê.  Daar is hard gewerk aan nog 'n "batch" handsakke wat in Maart beskikbaar was en uitverkoop is.  Ons het ook so bietjie eksperimenteer met nuwe kleurskakerings, wat "stunning" uitgekom het.  Van dit het ons in handsakke gemaak, wat ook weer verkoop is, en van dit is vir die volgende "batch" gehou.  Diè, is ons in die proses om te maak en dit sal die eerste batch vir KERSFEES uitmaak. 

Daar is nuwe lappe, canvas, leer en diesmeer "gesource", vir nuwe idees wat ek wil inwerk.   Dit is natuurlik 'n baie frustreerende oefening.  Dundee is amper halfpad tussen Johannesburg en Durban, so altwee is baie ver om te ry.  Die ander opsie is natuurlik bestel maar per pos of laat kom met die koerier, baie duur, maar hoe dan nou anders.  Wel so is dit nou gedoen en my rakke lê propvol nuwe lappe, wat nuwe kreatiewe idees bring.  Dis nou hier waar ek wens 'n dag het ten minste 48 uur gehad en dat ek tenminste nog 3 paar hande gehad het.  My kop is so vol idees dat ek amper voel soos 'n hardeskyf ... maar ek kla nie want 'n gebrek aan idees sou beslis 'n ramp gewees het.

Hier is so 'n paar sakke wat gemaak en verkoop is.  Net is vir wys ... ek sal julle op hoogte hou soos ons vorder met die nuwe sakke, propvol nuwe idees en nuwe lappe.




No comments: