Thursday, May 26, 2011

'n Koue winderige dag ... !!

Ja die weer was nie wat wonders vandag nie.  Trouens glad nie bevorderlik vir 'n kreatiewe siel nie.  Dit is nou een ding wat mens nie kan bestel nie.  Asem ophou en hier gaan ons vir die dag !!

Manlief het vir my die stofie in die studio aangesteek en daar het die kreatiewe sappies weer oorvloedig gevloei.  My volgende klei lê op die uitdroog rak ... die artwork is gedoen so nou wag ons vir moeder natuur om die haar werkies te doen.

Het intussen my toue gesny vir die kleurproses die naweek.   Ek kleur twee diktes nl. 2mm en 4mm katoen tou.  Hierdie kan natuurlik vir allerhande "crafts" gebruik word.









en .......



my volgende klomp linte is gesny en gewas.












Hier is 'n smakie van klaar linte.

Hierdie linte kan natuurlik ook vir 'n wye verskeidenheid van "crafts" gebruik word.  Werk dit op voorskote, op plekmatjies, draai om geskenke .....



No comments: