Tuesday, May 24, 2011

Tog net 'n lekkerte !!

Daar is min lekkertes wat kan kers vashou by die gevoel as mens iets probeer, jou hand vir die eerste keer daaraan sit ... en dit werk, perfek, 100% !!

Wel dit was nou hoe my oggend verloop het. Ek wou nog altyd, maar het nooit die tyd gehad nie, maar vanoggend het als in plek geval.  Die artwork was gedoen, tot perfeksie, in die fynste detail, die screen, gister al ge-expose, en vanoggend die "come-together" van die hele oefening.  

Die silk screen op keramiek teëls:  my asem opgehou, saggies gevat, en gebid, gehoop maar na die eerste teël ... wat 'n plesier, sommer 'n groot lekkerte.

As ek 'n stert gehad het, sou hy nou nog nie ophou waai het nie.  Met ander woorde ek is "chuffed" met myself.





 

No comments: