Thursday, May 19, 2011

Dis 'n groot kalmte ....

As jy die vir die eerste keer klei in jou hande het .... wel, of jy hou daarvan en dis liefde met eerste vatslag ... of jy hou nie daarvan nie.  As die liefde vir hierdie aardse kommoditeit eers in jou wese kom sit het ... nou ja dan is dit verby, jy IS liefde vir klei.  Dit is 'n erge verslawing en moenie eers probeer om 'n teenvoeter daarvoor te kry nie!

Maar wag, daar is ook frustrasie aan verbonde maar hoe jy hierdie frustrasie hanteer, gebruik en ja, toepas in jou kleiwerk hang van jou af.  Dis 'n skilderdoek van 'n ander aard hierdie, dit is 'n vasvang plek vir jou siel wat stukkie vir stukkie groei.

Voeg nou daarby al die maniere wat jy jou kleiwerk kan versier, manupileer, inkleur, verkleur, druk en trek, dan is dit 'n lewenstaak om al hierdie metodes te wil probeer.  Glo my, die woord passie, kry hier sy volle betekenis.

Hier is 'n stukkie van my passie en siel wat ek graag met julle deel.  Hierdie seepbakkies is nog in die droogproses.  Geduld is nog 'n eienskap wat aangeleer en toegepas moet word vir hierdie liefdestaak.  Geniet en wag geduldig vir die finale eindproduk.

1 comment:

Johannes said...

Baie goed, ou Vlooi. laat jou hart jou lei in die juweeltjies wat jy op hierdie groot doek wil deel...