Monday, May 23, 2011

Dankie tog, ons kan nog werk !!

Wat sou ek tog wees as ek nie kon werk nie.  Vir myself, vir 'n baas, maak nie saak nie.  Nou ja, ek is in die bevoorregte posisie om vir myself te werk.  Ongelukkig is ek die kwaaiste baas en het geen genade vir myself nie.


Die werk wat ek doen ?  dit is lekker werk, harde werk, mors werk maar sielsvreugde werk!  Hier is so piepklein loertjie ... dit is half klaar werk en julle sal maar moet geduldig wees want die klei moet stadig droog word.  Die teëls mag nie skeef trek nie ... wag maar tot die goete klaar is dan neem ek weer fotos ... intussen sal ek julle op hoogte hou van hoe ek vorder en wat ek doen !!



No comments: