Tuesday, August 28, 2012

Bahia Art - Keramiekware

Ons het vandag nuwe "transfers" gesilkscreen vir die Lentemark.  Dit moet nou eers droog word voor ons die volgende proses kan doen.  Kyk hierna ...  Die karoo-bord is sielsvreugde en sal die klaar bord ook kom wys.


Bahia Art - silk screened fabric squares

We have started to hand print fabric squares.  They are not the conventional remnants but squares that we cut to size for silk screening.  We do not have the facility to print per metre hence the squares.   We will be selling them from our website (www.bahiart.co.za) shortly.  Here are some of them ... just to get you thinking ...





Saturday, August 25, 2012

Nuwe Bahia Art - "Pictorial Handsakke"

Ons het begin om leer by van ons handsakke te voeg.  Soortgelyke sakke sal so middel Oktober beskikbaar wees.

Monday, August 20, 2012

Bahia Art gaan weer Lentemark en eerste Boeremark

Ons tweede Lentemark te Vryheid (8 September) kom vinnig nader !  Ons het ook in die tussentyd bevestiging gekry dat ons eerste Boeremark te Dundee op Saterdag 15 September gaan plaas vind.  Ons is druk besig om al ons voorraad klaar te maak.   Ek sal weer kom wys as dit klaar is.  Ek het vanoggend 9 borde met die hand gemaak wat ook nog moet klaar.  Is baie opgewonde daaroor want ek gaan verskeie metodes op een bord gebruik.  Hier is die maak proses ....




Tuesday, August 14, 2012

Bahia Art - Printed textiles ...!!

Textile paints arrived, fabric ready for printing .....
We decided to print pieces of fabric and sell it in bundles, no it is not off-cuts !  We are simply cutting it to size, which will be 40 x 40 cm.  We have to silk screen each design by hand and our screens will only allow us to print this size.  Here are some sample pieces ...






Sunday, August 12, 2012

Bahia Art is hard aan die werk !!

Ons gaan die 8ste September 'n Lentemark hê in Vryheid.  Daar sal van ons Handsakke, baie katoen linte, teëls, keramiekware en allerhande nice goetertjies wees.  Die van julle wat in die omgewing is kom maak gerus 'n draai.



Bahia Art ceramic tiles

Ons maak gereeld nuwe teëls maar net een van elk.  Dit is maar net om dit eksklusief te hou.  Ons beplan om in die volgende weke 'n nuwe reeks teëls te maak.  Besoek ons webwerf (www.bahiart.co.za) gereeld om op hoogte te bly van wat ons het.

Tuesday, August 7, 2012

Bahia Art started with transfers / decals on White ware

White ware is just that .... made of porcelain or stoneware with a white glaze.  I now design and silk screen my own decals / transfers to fire at a temperature of 760°C onto the white ware.  So these products are dishwasher safe.  Here ware some of the white ware with decals on.  More stock are available on my website (www.bahiart.co.za)



Bahia Art Katoen Linte ... 3 km daarvan !!!

Soos gister gesê na 'n groot en lang soektog het ons katoenlint gekry in verskillende wydtes.  So lyk 3 km lint wat nog verwerk moet word. 




Hier is nog nuwe ontwerpe wat op ons webwerf (www.bahiart.co.za) bestel kan word. 



Bahia Art ribbons are only available through our website.  We sell them in 5m and 10m bundles.

Monday, August 6, 2012

Bahia Art Katoen Linte .... linte en nog linte !!!

Nog 'n groot gesoek, en vele oproepe,  soek en weereens soek .... het ons nuwe verskaffers gekry vir ons 100% katoen linte.  Groot lekkerte en 'n groot uitdaging om die artwork te doen om daarop te pas .....  ons is besig om ons reeks uit te brei so besoek gerus ons webwerf (www.bahiart.co.za) gereeld om te sien wat ons doen.






Nuwe dinge aan die gebeur !!

Eerstens .... ons was baie besig en het dus die blog so 'n bietjie (wel 6 maande lank) verwaarloos.  Darem moet ek sê daar is beslis nie slap gelê.  Daar is hard gewerk aan nog 'n "batch" handsakke wat in Maart beskikbaar was en uitverkoop is.  Ons het ook so bietjie eksperimenteer met nuwe kleurskakerings, wat "stunning" uitgekom het.  Van dit het ons in handsakke gemaak, wat ook weer verkoop is, en van dit is vir die volgende "batch" gehou.  Diè, is ons in die proses om te maak en dit sal die eerste batch vir KERSFEES uitmaak. 

Daar is nuwe lappe, canvas, leer en diesmeer "gesource", vir nuwe idees wat ek wil inwerk.   Dit is natuurlik 'n baie frustreerende oefening.  Dundee is amper halfpad tussen Johannesburg en Durban, so altwee is baie ver om te ry.  Die ander opsie is natuurlik bestel maar per pos of laat kom met die koerier, baie duur, maar hoe dan nou anders.  Wel so is dit nou gedoen en my rakke lê propvol nuwe lappe, wat nuwe kreatiewe idees bring.  Dis nou hier waar ek wens 'n dag het ten minste 48 uur gehad en dat ek tenminste nog 3 paar hande gehad het.  My kop is so vol idees dat ek amper voel soos 'n hardeskyf ... maar ek kla nie want 'n gebrek aan idees sou beslis 'n ramp gewees het.

Hier is so 'n paar sakke wat gemaak en verkoop is.  Net is vir wys ... ek sal julle op hoogte hou soos ons vorder met die nuwe sakke, propvol nuwe idees en nuwe lappe.