Thursday, September 20, 2012

Bahia Art by Dundee se eerste Plaasmark

'n Week later en nog 'n heerlike verrassing.  Ons eerste Plaasmark vir Dundee.  Die opkoms was bo verwagting, die atmosfeer, heerlik verby, die mense se ondersteuning, oorweldigend.  Ons het weereens BAIE katoenlinte verkoop.  Eintlik het ons van al ons voorraad verkoop.  Vandag gehoor die volgende Plaasmark is 17 November en Bahia Art sal natuurlik daar wees.  Ons gaan weer baie katoenlinte met nuwe ontwerpe en ou staatmakers daar hĂȘ.  So maak seker julle onthou die datum om ons daar te kom besoek.

Bahia Art by die Lentemark te Vryheid

My "outfitjie" klaar gemaak, hou ek die weer dop, want sien, dis mos lente, en lente is mos warmer weer ..... toe nie !!!!  Inderhaas weer in die klerekas induik vir iets om aan te trek !!
Eindelik klaar, kar gepak en oppad Vryheid toe ... en wat 'n lekker dag was dit nie.  Het nuwe kontakte gemaak, baie mense ontmoet ... en baie dankie vir almal wat daar was en ons ondersteun het.  Volgend jaar maak ons weer so !!!

Bahia Art - Keramiek borde

Ons het 'n paar keramiek borde gemaak, wel ek noem hulle siels-borde.  Ek dink sodra mens iets van jouself daarin sit, is die sielswerk.  Dit is wat ek wou doen met die borde.   Ek en my pa het van dogtertjie-tyd 'n baie spesiale verhouding gehad .... iets wat ek vir niks sou verruil het nie.  Vandag kan ek maar net saggies met hom praat, ek weet hy hoor, en dit is ook sy inpirasie met woorde wat hiertoe aanleiding gegee het.  Geniet hulle !!









 


Tuesday, August 28, 2012

Bahia Art - Keramiekware

Ons het vandag nuwe "transfers" gesilkscreen vir die Lentemark.  Dit moet nou eers droog word voor ons die volgende proses kan doen.  Kyk hierna ...  Die karoo-bord is sielsvreugde en sal die klaar bord ook kom wys.


Bahia Art - silk screened fabric squares

We have started to hand print fabric squares.  They are not the conventional remnants but squares that we cut to size for silk screening.  We do not have the facility to print per metre hence the squares.   We will be selling them from our website (www.bahiart.co.za) shortly.  Here are some of them ... just to get you thinking ...





Saturday, August 25, 2012

Nuwe Bahia Art - "Pictorial Handsakke"

Ons het begin om leer by van ons handsakke te voeg.  Soortgelyke sakke sal so middel Oktober beskikbaar wees.

Monday, August 20, 2012

Bahia Art gaan weer Lentemark en eerste Boeremark

Ons tweede Lentemark te Vryheid (8 September) kom vinnig nader !  Ons het ook in die tussentyd bevestiging gekry dat ons eerste Boeremark te Dundee op Saterdag 15 September gaan plaas vind.  Ons is druk besig om al ons voorraad klaar te maak.   Ek sal weer kom wys as dit klaar is.  Ek het vanoggend 9 borde met die hand gemaak wat ook nog moet klaar.  Is baie opgewonde daaroor want ek gaan verskeie metodes op een bord gebruik.  Hier is die maak proses ....