Wednesday, August 31, 2011

Inspirasie .... Inspiration !!!

Inspirasie is volop ... tyd nie so volop nie .....  die opgewondenheid om 'n idee ... 'n gedagte, 'n storie, 'n stukkie van jou kreatiewe siel in 'n prentjie sak te omskep, dit is tog heerlikgeite wat 'n warmte in jou menswees bring.  Die skep, die terugstaan, die kyk en dan met trots en met reg te kan sê dit is my maaksel, my skepwerk !!

Dit is waarmee ek besig is.  Wees geduldig, ek belowe die wag sal die moeite werd wees.  Ek is besig met nuwe voorraad.  Sal aan almal e-pos stuur.

Sunday, August 28, 2011

Bahia Art Tote Handbags

DIT was 'n baie dol week ... 'n baie opwindende week, en 'n groot "eye-opener".   My wildste drome en verwagtinge is oortref.  Dankie aan almal wat my ondersteun het.  My website is bietjie uitgedun na hierdie week .... maar ek kla nie.  Ek vra net dat julle asseblief geduldig moet wees, ek is besig met nuwe voorraad.  Omdat elke sak uniek is en 'n storie van sy eie het is dit nie net vir aanmekaar stik nie.

Oh no ... it takes time and being a bit of a perfectionist (that also takes time) my work is of a high quality and very neat.  I do take pride in my work and it is very important to me that the owner of one of my handbags can wear it with pride.

I also added new ceramic tiles to my website.  Visit to see some of the vintage inspired tiles ...great for that special mosaic project ... or maybe a bit of a face-lift in the kitchen.  Wat van 'n nuwe "splash-back" of sommer net 'n klein tafeltjie 'n nuwe gesiggie gee ....







Tuesday, August 23, 2011

Bahia Art Handbags and Handmade ceramic tiles

Eerste dinge eerste .... Bahia Art se handgemaakte keramiek teëls is die wenbrief in September se uitgawe van Tuis.  Groot was die opwinding dat dit die wenbrief is.  Nie in my wildste drome het ek dit verwag nie.  Boonop wen ek 'n prys ook !!

Wel sederdien het ek baie navrae en bestellings gekry vir my teëls. Dit is 'n groot lekkerte en sal seker altyd bly as mens die skerm oplig en die fyn kunswerkie op die teël sien.  Daar en dan begin mens se kop oortyd werk ... waar kan ek dit gebruik ??   Hoe sal dit daar lyk ? Sal hierdie kleur daarmee saamwerk ens. 

My volgende klomp teëls is in die oond en sal more die finale bakproses deurgaan.  Sal weer 'n update gee as dit klaar is.  Hier is solank 'n voorsmakie van hoe dit gaan lyk.











Na aanleiding van die Tuis brief is Bahia Art uitgenooi om aan 'n baie eksklusiewe kunsmark te Vryheid deel te neem.  Dit vind plaas op die 10de September en ons sal terugvoering gee na afloop daarvan.

Bahia Art se handsakke is ook in die September uitgawe van Idees.  Ons is weereens oorval met navrae en bestellings.  Ons het 'n baie besige tyd voor ons en glo dat ons julle nie sal teleur stel nie.  Soos altyd sal ons unieke handsakke maak en dit op ons webwerf beskikbaar stel soos die klaar is.  Hier is een van die nuwe sakke, maar was skaars op die webwerf toe is die ook verkoop.





Monday, August 15, 2011

Handmade ceramic tiles

A little bit of wimsical charm for today ....  Dit is baie bleddie koud hier in Dundee vandag maar die kreatiewe "fairies" en "little people" het my hele studio oorgeneem en dus was dit weereens 'n baie suksesvolle screen dag.  Hier is 'n piepklein kykie na wat ek gedoen het en so teen einde volgende week behoort daar weer heelwat nuwe voorraad op my website te wees.  Geniet !!



I will be adding a few of these small handpainted utility bowls to my website as well.




Sunday, August 14, 2011

Bahia Art Tote Bags and Handmade tiles

This project was fun !!! Visiting "days gone by" and the "good old days" .  It is very satisfying to create and put your ideas on a blank canvas, literally ... my latest, the two tote bags posted below.  More exclusive bags in the process.  I only make one of each, never to be repeated.  I see Bahia Art handbags as art pieces for just that reason .... only one of each available. 














I also have a big screening day tomorrow.  My handmade tiles are a slow but very soul enriching experience.  I always believe that a small piece of me goes into every creation I make and thus a loving extention which I gladly part with in order to make some creative soul a little richer for using my work.  I will post some tiles as soon as they are done.

Saturday, July 23, 2011

Handgemaakte teëls !!

Wat 'n heerlike ervaring was dit nie om iets nuuts te probeer, en dit werk.  Eintlik oortref dit my stoutse verwagtinge. 

Vandat my "affair" met klei begin het, so byna 19 jaar gelede, was en is ek nog gefassineer deur die maak van teëls.  Miskien omdat dit nie so maklik is om 'n gelyk, plat teël te maak nie.  Wel probeer en weer probeer was die enigste opsie.....

Daar was verskeie pogings met 'n groot verskeidenheid metodes maar niks kon kersvashou met die visuele lekkerte toe ek die eerste teël gesilkscreen het.  Die detail, die perfekte klein stukkie kuns op 'n teëltjie van 6 x 6cm.  Daarna .... wel daar was geen keer, dis wat ek wou doen, lankal !!!






Hier moet ek nou erken dat ek eintlik twee "affairs" in die lewe het, die een met klei en die ander moet ek passie ook by die "affair" sit en dit is vir tekstiele.  Ek wil tog graag my nuutste projek wat ook 'n groot opgewondenheid en uitdaging geword het, deel.

Hierdie is 100% katoen lint wat ek handkleur en silkscreen of beide.  Dit is beskikbaar in vier wydtes nl. 15mm, 25mm, 30m en 40mm.  Besoek my webwerf (http://www.bahiart.co.za/) vir 'n groot verskeidenheid om te bestel. 









Wednesday, June 1, 2011

'n Kleurvolle ervaring !!

Kleur ... dit is een van die genadegawes wat ons ontvang het ... en is dit nie 'n wonderlike manier om mens se siel te voed nie.   Daar is geen gelyke nie.










This is a pet project of mine .. to print on cotton ribbon.  The challenge to me is trying to get as much detail on the smallest scale possible and then silk screen that onto the ribbons.  I have also put my hand at tye dyeing the ribbon .. which off course is just as much fun.










I am off now for the day with my artwork and negatives in hand to do some more silk screening on ceramic tiles.