Wel sederdien het ek baie navrae en bestellings gekry vir my teëls. Dit is 'n groot lekkerte en sal seker altyd bly as mens die skerm oplig en die fyn kunswerkie op die teël sien. Daar en dan begin mens se kop oortyd werk ... waar kan ek dit gebruik ?? Hoe sal dit daar lyk ? Sal hierdie kleur daarmee saamwerk ens.
My volgende klomp teëls is in die oond en sal more die finale bakproses deurgaan. Sal weer 'n update gee as dit klaar is. Hier is solank 'n voorsmakie van hoe dit gaan lyk.
Na aanleiding van die Tuis brief is Bahia Art uitgenooi om aan 'n baie eksklusiewe kunsmark te Vryheid deel te neem. Dit vind plaas op die 10de September en ons sal terugvoering gee na afloop daarvan.
Bahia Art se handsakke is ook in die September uitgawe van Idees. Ons is weereens oorval met navrae en bestellings. Ons het 'n baie besige tyd voor ons en glo dat ons julle nie sal teleur stel nie. Soos altyd sal ons unieke handsakke maak en dit op ons webwerf beskikbaar stel soos die klaar is. Hier is een van die nuwe sakke, maar was skaars op die webwerf toe is die ook verkoop.
No comments:
Post a Comment