Tuesday, August 7, 2012

Bahia Art started with transfers / decals on White ware

White ware is just that .... made of porcelain or stoneware with a white glaze.  I now design and silk screen my own decals / transfers to fire at a temperature of 760°C onto the white ware.  So these products are dishwasher safe.  Here ware some of the white ware with decals on.  More stock are available on my website (www.bahiart.co.za)



Bahia Art Katoen Linte ... 3 km daarvan !!!

Soos gister gesê na 'n groot en lang soektog het ons katoenlint gekry in verskillende wydtes.  So lyk 3 km lint wat nog verwerk moet word. 




Hier is nog nuwe ontwerpe wat op ons webwerf (www.bahiart.co.za) bestel kan word. 



Bahia Art ribbons are only available through our website.  We sell them in 5m and 10m bundles.

Monday, August 6, 2012

Bahia Art Katoen Linte .... linte en nog linte !!!

Nog 'n groot gesoek, en vele oproepe,  soek en weereens soek .... het ons nuwe verskaffers gekry vir ons 100% katoen linte.  Groot lekkerte en 'n groot uitdaging om die artwork te doen om daarop te pas .....  ons is besig om ons reeks uit te brei so besoek gerus ons webwerf (www.bahiart.co.za) gereeld om te sien wat ons doen.






Nuwe dinge aan die gebeur !!

Eerstens .... ons was baie besig en het dus die blog so 'n bietjie (wel 6 maande lank) verwaarloos.  Darem moet ek sê daar is beslis nie slap gelê.  Daar is hard gewerk aan nog 'n "batch" handsakke wat in Maart beskikbaar was en uitverkoop is.  Ons het ook so bietjie eksperimenteer met nuwe kleurskakerings, wat "stunning" uitgekom het.  Van dit het ons in handsakke gemaak, wat ook weer verkoop is, en van dit is vir die volgende "batch" gehou.  Diè, is ons in die proses om te maak en dit sal die eerste batch vir KERSFEES uitmaak. 

Daar is nuwe lappe, canvas, leer en diesmeer "gesource", vir nuwe idees wat ek wil inwerk.   Dit is natuurlik 'n baie frustreerende oefening.  Dundee is amper halfpad tussen Johannesburg en Durban, so altwee is baie ver om te ry.  Die ander opsie is natuurlik bestel maar per pos of laat kom met die koerier, baie duur, maar hoe dan nou anders.  Wel so is dit nou gedoen en my rakke lê propvol nuwe lappe, wat nuwe kreatiewe idees bring.  Dis nou hier waar ek wens 'n dag het ten minste 48 uur gehad en dat ek tenminste nog 3 paar hande gehad het.  My kop is so vol idees dat ek amper voel soos 'n hardeskyf ... maar ek kla nie want 'n gebrek aan idees sou beslis 'n ramp gewees het.

Hier is so 'n paar sakke wat gemaak en verkoop is.  Net is vir wys ... ek sal julle op hoogte hou soos ons vorder met die nuwe sakke, propvol nuwe idees en nuwe lappe.




Sunday, December 4, 2011

Nuwe "batch" Bahia Art handsakke en keramiekware

Ons tweede "batch" handsakke is gemaak, na 5 weke se harde werk, artwork doen, screens expose, screening doen, en als wat daarmee saamgaan vir die finale produk.  My beplanning om dit 1 Desember op my webwerf (http://www.bahiart.co.za/) beskikbaar te hê, is gehaal. Ek het Woensdag nag die e-pos gereed gehad, die webwerf gelaai met die fotos, als gedoen ...... Donderdag ± 12 uur is 36 van die 40 handsakke verkoop.  Wel dit was die "cherry" op my harde werk.  Dit is lekker om te weet dit wat jy doen is in aanvraag, mense hou daarvan !!!

Ons is klaar aan die beplan vir die volgende handsakke en keramiekware, teëls en nuwe katoen linte.

Hier is voorbeelde van die handsakke wat beskikbaar was.





Hier is ook van die nuwe keramiekware.






Hier is van die nuwe linte beskikbaar.  Dit is 100% natuurlike kantoenlint wat "gesilkscreen" word.




 

Sunday, October 23, 2011

Bahia Art Tote handbags

Ons tweede besending Tote Bags is binne drie dae uitverkoop.  Dit was einde September.  Ek is besig met nuwe handsakke en sal dit Donderdag 1 Desember op my webwerf beskikbaar hê.  My beplanning is om meer beskikbaar te hê as einde September.  Wees asseblief geduldig. 

Ek is ook besig met nuwe keramiek ware.  Dit sal so gou as moontlik beskikbaar wees.  Hopenlik so binne die volgende 3 weke.

Intussen het ek ook 'n kombuis se "splash-back" waarmee ek besig is.  Dit is alles baie kreatief en ek is in my element. 

Indien julle in kennis gestel wil word wanneer nuwe voorraad gelaai is, stuur vir my 'n e-pos (michele@bahiart.co.za).

Sunday, September 18, 2011

Bahia Art Handbags and handmade ceramic tiles

Just an update on the handbags and tiles.  The making of new stock is on track and looking good.  As a matter of fact they are stunning.

New tiles in final drying process and hoping to fire next weekend.

Will update as soon as stock are done.