Bahia Art is the ceramics and textile design studio of note in Dundee, where I design, concoct, destroy, build, create, move, paint and screen elements of my being on fabric, clay and whatever will stand up to me. Bahia Art is a Spanish word meaning bay, and suggests the easy, laid-back beach life, which is how I approach my often unplanned sojourns into the magic world of playing with colour.
Heel onverwags kry ons 'n navraag vir ons katoen linte uit Madrid, Spanje .... wel ek het eers gedink dit is dalkies 'n "spam" e-mail ... Na 'n hele paar e-posse heen en weer is die bestelling geplaas vir 'n groot klomp linte. Geld oorgeplaas, pakkie opgemaak, gestuur en siedaar ..... Bahia Art gaan Spanje toe !!!
Met liefde in die lug, bewondering op 'n afstand, daardie "wil tog net sê ...." . Ons het besluit om hierdie jaar sagter kleure te gebruik vir ons linte. Hierdie is beskikbaar op ons webwerf. Sou julle tog die tradisionele rooi en swart wil gebruik doen gerus so, ons kan die ontwerpe vir julle in daardie kleurkombinasies druk.
Geniet Valentyn's Dag met oorgawe en bederf, bederf en weer bederf die vir wie julle lief is ...
Nou ja 2012 was 'n suksesvolle jaar maar ook met sy eiesoortige uitdagings. 'n Baie goeie leerskool en waardevolle lesse wat ons in 2013 met ons kan saamdra, toepas en hopenlik nog baie van kan leer.
Dus, gepas, begin ons die jaar met syfers op ons katoen linte. Hier is so 'n paar maar besoek gerus ons webwerf om ons groot verskeidenheid katoen linte te sien. Ons het ook 'n kleurkaart op ons webwerf gesit indien julle 'n ontwerp in 'n ander kleur wil hê.
Ons het ook besluit om so bietjie uit te brei om die huidige tendens van botaniese illustrasies, insekte, handgeskrewe agtergrond met so 'n "postal" invoegsel. Hier is een van ons linte. Besoek ons gereeld vir nog nuwe linte met hierdie tema.
So het nog 'n suksesvolle plaasmark gekom en gegaan ... weereens het ons baie goed gedoen en was dit 'n lekkerte na al ons harde werk die afgelope paar weke. Daar is nuwe produkte op ons webwerf (www.bahiart.co.za) gelaai, betyds vir Kersfees. Dit gesê, die jaar staan ook einde se kant toe en hopenlik kan Bahia Art so klein bietjie rus sodat ons volgende jaar nog beter produkte met 'n unieke flair en eie aan ons styl kan lewer. Ons wil ook ons produkte basis bietjie uitbrei so maak seker julle besoek ons gereeld om te sien wat ons doen.
Hier is 'n paar van ons produkte beskikbaar op ons webwerf.
An update on our new batch of ceramic handmade tiles. We have silkscreened them with botanical prints. After the bisk firing we are going to add an antique finish and then the final glaze firing.
We have also silkscreened some of our hearts which we are going to sell at the next "Plaasmark" on 17 November at Lenox. Hope to see you there.
I am a self-taught fibre and ceramic artist. I work from a small studio in Dundee, KwaZulu Natal, in South Africa. This is my play ground with color and texture. Every project is a journey and a gift to my soul. This is where I design and create and gladly and willingly share a piece of myself in every creation with you.
Touring the Natal battlefields...
-
Yep, that is it. The battlefields. We have about 68 of them around the
eclectic little town of Dundee, nestled among the Biggarsberg mountains of
Northern ...